Skip to content


WAT IS ‘n CHRISTEN?

WAT IS ‘N CHRISTEN?

‘n Christen is iemand wat God verenig het met sy Seun, Jesus Christus.

God gee aan die Christen nuwe geestelike lewe (hy word weergebore) sodat hy bewus is van sy rebellie (sonde) teen God en begeer om weg te draai van sy sonde en om in ‘n regte verhouding te staan met God.

God maak dit vir hom moontlik om te vertrou op die Here Jesus Christus, wat gesterf het vir sy sonde, en Hy gee aan hom die geregtigheid van Christus se perfekte gehoorsaamheid omdat hy glo in die Here Jesus Christus.

God gee aan die gelowige die Heilige Gees wat dit vir hom moontlik maak om te werk na sy nuwe begeerte om meer en meer te word soos Jesus Christus (om heilig te word) en om Jesus Christus te volg as ‘n dienaar van God.

‘n Christen is iemand wie se grootste vreugde is om God te ken en te eer in hierdie wêreld en wat vorentoe kyk na die ewige vreugde wat daar is in Jesus Christus in die nuwe skepping.