Skip to content


Wie is ons?

Ons is ‘n groep Christene uit verskeie agtergronde wat saam gekom het om ‘n plaaslike gemeente te vorm.  Ons is Gereformeerd in ons leerstelling en onderhou die 1689 Baptiste Geloofsbelydenis so wel as “So Glo Ons”.  Ons is ‘n Baptistekerk en daarom glo ons dat die doop ‘n ordinansie is wat deur Jesus Christus aan gelowiges in Hom gegee is.

Ons streef daarna om die boodskap van die Bybel te leer en toe te pas in ons persoonlike lewens en in al ons gesamentlike sake as gemeente.  Ons doen dit deur Eksposerende prediking en interaktiewe Bybelstudies. Ons glo dat God die individue in sy kerk geestelik laat groei deur die werking van die Heilige Gees wat deur die Woord van God kragtig werk.  Sunwardpark Baptistekerk is geaffilieer met die Afrikaanse Baptiste Kerke